Tuesday, February 10, 2009

My hart se punt...terug in Afrika

'n Jaar het weggespring met tonne avontuur en nuwe verwikkelinge...familie en vriende wat my glimlag reflekteer, lank beloofde drukkies, inhaal kuiers en vele meer. Om terug te wees in Suid Afrika na 'n jaar in die verre, verre Ooste is strelend op die sintuie...o, ja...mens mis baie dinge en waardeer dit net soveel meer terug in jou tuisland.
Deur al die warboel van hallo's en hoe ganit's, was ek min te wete dat die grootste ontdekking oomblikke van ontdek af was...meer hiervan later!


Die akademiese sfeer was uitdagend om weer by in te skakel, om die minste te se! So het my reistog voortgesit (meestal staan!) so hikkende die bulte uit...yip...dis nogal 'n aanpassing gewees.
Kort voor lank het die akademie in rat geskuif om plek te maak vir 'n baie noodsaaklike sosiale fasset van 'n sinvolle bestaan - die klimskoene afgestof, flieks wat kyk nodig gehad het gekyk, my dansskoene laat swaai soos nog nooit tevore, guitar snare voel vibreer onder my vingers en so ook klawers gestreel wat effe vals geword het van die lank staan...geurige disse waardeer saam met vrinde wat jouse hart en siel verstaan - min dinge kom daarby! (natuurlik met 'n uitmuntende wyntjie)


So met my intree in die land was ek bevoorreg om 'n vriendin en vriend op hul pragdag te ondersteun en 'n heildronk in te stel om hul huwelik te vier. Blommie&Iwan, dit was amazing!!! Julle het pragtig gelyk en is pragtig saam...alles van die beste met julle reistog saam :)

So met die trou-klokke wat nog in my ore sing, betrap my hart my in 'n wip - een wat sewe jaar lank dreig en finaal vrygelaat is...so herontmoet ek 'n kosbare vriend, reisgennoot, mede-liefhebber van die kunste, koffie, kosse, klimme en kie. Heinrich - jy's my hart se punt...en beslis die awesomeste ontdekking met die skof in my lewensreistog!!!!

Yip - ons is verloof!!!! En vier dit met 'n ekspidisie om ons toekomstige woonplek te ontdetk - yip, yip....eendag as ons groot is, trek ons Kaap toe!!! Ons het Tafelberg uitgehyg - wel, ek het...Heinrich en Gosia het flink-flink die berg uitgemission - fantastiese roetes geklim, die panorama waardeer en die ongelooflikste koffie bo-op die berg geniet...die volgende dag het ons bietjie by Muizeberg se kant geklim en klouter, terug gehaas na die V&A en 'n fantastiese dansles gehad....sug....my laaste vir die volgende 6 maande...



Tragedie het my die oggend ontwaak toe ek op 8 April nie kon opstaan nie van te veel pyn.
Lang storie kort: 'n jaar tevore in Suid Korea het ek geval en met my rug op 'n trap geland (trauma 1), met 'n belay in April die jaar swaai ek toe rotswaarts teen 'n tempo (trauma 2), met die impakte het my pedicles op L5 (sulke armpies waarop die werwels teen mekaar steun - die wat op die laagste rugwerwel net voor die stuitjie) gekraak en die dat ek nie geweet het daarvan nie en steeds met baie uitdagende aktiwiteite aangehou het (trauma 3), het finaal my rug laat skeef trek met ontwrigte SI gewrigte (waar die heup en rug aansluit)...


Nou ja, dit het 'n reuse impak op my lewe gehad - meer as wat ek wou besef...my akademie, dans, klim, spontaan rondbeweeg, het tot 'n drastiese stilstand gekom...so deur dit alles het Heinrich en my familie en vriende my gedra - in dade, gebede en gedagtes. Vir my was dit moeilik om hulpeloos te wees en hulp te aanvaar waar ek altyd dit uitdeel. Ons Hemelse Vader was geduldig met my en het my ontvanklik gemaak daarvoor. Deur Genade en geduld is ek steeds besig met behandelings en herstel...dis 'n paadjie wat ons aanhou loop - in 'n vaste hoop op herstel.

Hoewel die gekraakte beentjies nie teruggroei nie, kan mens sonder 'n operasie steeds voluit leef - mits ek 'n super-sterk core het (yip - 6 pack hier kom ons!) en 'n getroue oefen program volg...nou die van julle wat ons de Bruyns ken, sal weet dit gebeur geensins spontaan nie....














My eerste tekens van herstel het ons as familie (yip - met 'n ingevoerde sussie van Korea) Botswana verken - die westelike pad noordwaarts gevang tot by die beste geheim in Botswana - Tshodilo Hills...wie't geweet, Botswana het kranse!!!!! (Met San tekeninge waar mens nie mag klim nie:( )




Verder op reis, by Mohembovaar ons met 'n 'ferry' tot noord van die Okavango Delta, kamp met seekoei-koor in die agtergrond en probeer om so na as moontlik aan die water te bly :) Dit was asemrowend...ons vier my verjaasdag met melktert langs die rivier - heeeeerlik!!!

Terug by die realiteite van die akademie, is dit maar eelte op die kniee en eelte op die alie...baie is al bereik, maar baie mylpale le nog onvoltooid...
Oktober maand mag ek weer begin dans!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Nou moet ek nog net die malligheid van die akademie te oorleef! Maar Genadiglik is dit 3 eksamens, 1 opdrag en 'n skripsie ver....en 60 dae om dit in reg te kry!!!!

Hou maar steeds aan met die gebede en gedagtes...dit dra my sover deur die jaar...dinge kan net beter raak!